Algemeen

Mosaïque 2013

‘n Kind/ers gaan Maandag, 22 Oktober 2012 finansiële state ontvang rakende die revuegelde.  Ons vra asseblief dat u dit sal kontroleer en u kind dit terug aan die skool besorg.  Die state sal Woensdag, 24 Oktober 2012 weer deur die personeel opgeneem word.  Enige navrae rakende u kind se revuegelde moet asseblief met me. Wasserfall bespreek word.


Onthou asseblief om so vinnig as moontlik die deposito’s vir die revue te betaal.  Die volle bedrag moet voor of op 30 September 2012 vereffen word.

Ons sien uit daarna om te begin oefen en om die wiel aan die rol te kry!


Inskrywingsvorms is by me. Wasserfall in die kultuurkantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum is 3 Augustus 2012. Moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop nie!
Navrae: Me. Wasserfall Me. van Heerden (012) 664 5803