Sport

Muurbal

Ons eie kranige muurbalspeelster, Shané Luyt, het vanaf 31 Januarie tot 2 Februarie 2014 aan die Noord-Transvaal Ope Muurbalkampioenskappe deelgeneem.  Sy het  lag-lag al haar kompetisies in die O/14-ouderdomsgroep voltooi en na die finaal deurgedring.  Hier het sy teen die Vrystaatse kampioen, Charlotta Loggenberg, in ‘n naelskraap wedstryd 3-2 verloor en dus tweede in die toernooi geëindig.

Ons hou haar met afwagting dop wanneer sy einde Februarie aan ‘n nasionale toernooi deelneem om haar nasionale kleure te verwerf.  Baie sterkte!