Sport

Netbal 2011

Die NuPower TUKS-reeks wat reeds vroeg in Maart 2011 al begin het, het die seisoen ingelui.  Die skool was algeheel veertiende in die kompetisie.

Gedurende die Aprilvakansie het al die skool se A- en B-spanne aan verskeie kursusse en toernooie deelgeneem.  Die eerste span is na Sun City waar hulle aan die “New Balance Prestige netball week for schools” deelgeneem het.  Gedurende die week is die dogters deur Dorette Badenhorst afgerig en het aan ‘n toernooi deelgeneem waarin hulle vierde geëindig het.

Die ander spanne het ‘n kursus by Sportisimo netbal bygewoon.  Dr. Elsje Jordaan het aan die hoof van die afrigting gestaan.  Elke dogter en afrigter het ongelooflik baie by haar geleer.

Die daaropvolgende liga was weereens baie mededingend aangesien die top netbalskole in Pretoria aan dié liga deelneem.  Ons dogters het hul goed van hul taak gekwyt en met elke wedstryd het hulle ons skool se naam hoog gehou.

Tydens 2011 het ons afrigters ook puik prestasies behaal.  Drie van ons afrigters is deur Gauteng as skeidsregters gradeer.  Mnr. Kobus de Wet verwerf sy NSA C+ gradering gedurende die Junior (O/19) SA Toernooi.  Baie geluk en baie dankie omdat julle altyd bereid is om as skeidsregters op te tree.

Mnr. J.J. Diamond is as die O/13 Noord-Transvaal afrigter na die jaarlikse AVS-toernooi verkies.  Gedurende die toernooi het sy span in die eerste plek geëindig, voorwaar ‘n uitstekende prestasie en waarlik ‘n afrigter waarop ons baie trots is.  Zelke-Marie de Jongh, een van ons eerstespanlede het tydens die AVS-toernooi ook uitstekend presteer en is in die Gazelle AVS-span ingesluit.

Mnr. Kobus de Wet is as die afrigter van Gauteng-Noord se O/19-span aangewys.  Hulle het ‘n tweede plek tydens die interprovinsiale toernooi behaal.

[nggallery id=24]