Sport

Netbal-voorseisoenprogram

Op 9 Oktober 2012 begin Hoërskool Centurion se voorseisoenprogram ter voorbereiding vir volgende jaar se netbal.

Elsje Jordaan, ‘n voormalige Springbok-netbalspeler en –kaptein, gaan die voorseisoenprogram lei.  Sy gaan veral fokus op vaardighede en ontwikkeling.  Ons nooi u dogter uit om die voorseisoenprogram te kom bywoon.  Dit is ‘n ongelooflike geleentheid.

Die voorseisoenprogram se kostes beloop R80 per maand per leerder en dit vind elke Dinsdag en Donderdag vanaf 15:30 tot 17:00 plaas.  Ons sluit op 30 Oktober 2012 af, net so voor die eksamen begin.  U dogter sal ook ‘n oefenprogram vir die vakansie ontvang.  Dit is baie belangrik dat elke speler haar inskrywingsvorm en R80 op 9 Oktober 2012 saambring.

Ons wil ons netbalspelers aanmoedig om hierdie geleentheid ten volle te benut.