Hoërskool Centurion se netbal het hulleself tydens die netbalseisoen goed gehandhaaf. Die O/16A- en 1ste span is ligawenners en het vir die Tshwane-uitspele gekwalifiseer.

Dit was die tweede agtereenvolgende jaar wat die O/16A’s onoorwonne die liga voltooi. By die Tshwane-uitspele het hulle hulleself gehandhaaf deur onderskeidelik Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof te wen en algeheel 3de te by die uitspele te eindig.

Die O/17A’s wat 2de in die liga geëindig het, het ook gekwalifiseer vir die Tshwane-uitspele, maar kon ongelukkig nie vir die semi-finale kwalifiseer nie.

Eerste netbalspan se doel, Jurinda Kriek en hulpdoel, Maliska Brown.