Algemeen

Nuusbrokkies

“Supper Theatre”:

Graag nooi ons ieder en elk uit na Hoërskool Centurion se “Supper Theatre”.
Dit is ‘n wonderlike aand vol kultuur: dans, drama, sang en ons twee toneelgroepe gaan ook optree.

Datum:             21 Augustus 2012
Plek:                Skoolsaal
Tyd:                 18:30
Koste:              R5 p/p (Kaartjies kan tydens pouse op die aantreeblad gekoop word.)


Matriekafskeid fondsinsamelingsprojek:

The Barnyard – Dancing In The Street
Datum:             13 September 2012
Plek:                The Barnyard – Parkview
Koste:              R145 p/p

Kontak gerus vir me. A. Wasserfall vir verdere inligting rakende die vertoning. (012) 664 5803  X125


Matrieks 2012 – tydkapsule

Die matriekgroep van 2012 het besluit om ‘n tydkapsule te bou waarin die matrieks persoonlike items van hul eie keuse kan  plaas.  Die kapsule sal daarna verseël word en dan met die tien jaar reünie weer oopgemaak word.  Elke leerder ontvang dan weer sy/haar boksie met persoonlike items.  Dis vanselfsprekend dat hierdie items dan baie waardevol vir elke matrikulant sal wees.

Ons is ook op soek na ‘n moontlike borg vir die kapsule.  Die borgskap sal gepaard gaan met ‘n advertensie op die kapsule.  Hierdie advertensie sal vir tien jaar op die kapsule wees.  Die kapsule is ook op ‘n plek waar daar baie voete tydens funksies in die saal verby beweeg.  Dit is dus ‘n uiters goeie advertensie.  Indien iemand bewus is van so ‘n  borgskap, kan u gerus vir E’Duan by 083 264 5092 kontak.


Vakveranderings

Geen vakveranderings sal na Vrydag, 3 Augustus 2012 toegelaat word nie.


X-Stra Cover sportwinkel:

Sagtebalpette is nou beskikbaar teen R50 per pet.


Dogtershokkie-afsluiting 7 Augustus 2012:

Datum:             Dinsdag 7 Augustus 2012.
Tyd:                 18:30.
Waar:               Hoërskool Centurion skoolsaal.
Koste:              R120 per persoon (sluit aandete in).

Kaartjies te koop by Kim Hubach (sportkantoor) voor of op Woensdag, 1 Augustus 2012.  Ouers is meer as welkom om ook ‘n kaartjie te koop en die aand saam met ons te geniet.


Vakante administratiewe pos:

Die volgende administratiewe pos is vakant:

Posbeskrywing :           Voltydse IT-tegnikus.

Aansoeke sluit Maandag 6 Augustus 2012. Vir navrae, kontak  me. J. van Staden by 012-664 5803 (tydens skoolure) of jeanette@hscenturion.co.za.