NUWE WOERIES

HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:

Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.

Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Labuschagne bespreek en voltooi.

NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:

  1. Vul die vorm aanlyn in.
  2. Stoor die vorm op u rekenaar.
  3. Stuur die vorm per e-pos as ‘n aanhegsel na registrasie@hscenturion.co.za

Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Labuschagne met u aankoms.

VERSKAFFERS

Kleredrag:

Daar is twee verskaffers vir ons kleredrag:

Eduwear is op ons skoolterrein onder die sykant van ons pawiljoen.

  • Tye: Maandag tot Donderdag – 07:00 tot 09:00 en 13:00 tot 17:30.
  • Elke tweede Saterdag – 09:00 tot 13:00.

Marethas is in die Clubview-sentrum op die hoek van Lytteltonweg en Adam Tasweg.

  • Tye: Maandag tot Vrydag – 08:30 tot 17:00
  • Saterdae: 08:30 tot 13:00 

Albei die klerewinkels het die volle reeks skoolklere en kan aan u klerebehoefte voldoen.

Skryfbehoeftes en handboeke:

‘n Skryfbehoeftelys word aan u as ouer aan die einde van die jaar beskikbaar gestel om die aankope betyds te kan doen.

10 uit 10 Skryfbehoeftes, Gloverlaan 242, Die Hoewes, Centurion, 0163 (012 664 3560)

INSKRYWINGSVORM

Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak mnr. A. Labuschagne gerus by registrasie@hscenturion.co.za

GR. 8-INSKYWINGS

Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. A. Labuschagne by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika