Ons skool is bekend en geliefd daarvoor dat ons omgeeharte het en daarom neem ons die vrymoedigheid om op u as ouers ‘n beroep te doen. Die donateur wat altyd vir ons broodjies geskenk het om pouses aan honger kinders uit te deel, kan dit ongelukkig nie meer doen nie.  Ons moet dus ons eie toebroodjieprojek bestuur.

Ons benodig ouers wat sal aanbied om soggens, van Maandag tot Vrydag, ‘n kospakkie of twee te skenk.  U kan bloot u selfoonnommer en e-posadresse vir me. King of me. Henrico stuur. Die e-posadresse van die onderskeie personeel is: ronelle@hscenturion.co.za en michelle@hscenturion.co.za