Hoërskool Centurion

MAXI-NUUS

OUERS 2020

HOE KOMMUNIKEER ONS MET U AS OUER/VOOG?

Ons wil u graag aanmoedig om op hoogte te bly van ons algemene kommunikasie, gebeur en prestasies wat by Hoërskool Centurion plaasvind. Hiermee die verskillende kommunikasieplatforms waarvan u gebruik kan maak:

Maxi-nuus

Die Maxi-nuus (nuusbrief) word weekliks op ʼn Vrydag aan u per e-pos gestuur. Maak asseblief seker dat u op die skool se databasis is en wel die nuusbrief ontvang. Indien u nie die nuusbrief ontvang nie, kontak asseblief vir Marco by marco@hscenturion.co.za

Webtuiste

Ons webtuiste is tans onder konstruksie, maar hou gerus die spasie dop want binnekort spog ons met ‘n splinternuwe webtuiste. U kan gerus ons webtuiste besoek by: https://hscenturion.co.za

d6 Connect vervang D6

Die doel van die d6 Connect “app” (toepassing) is om u toegang tot die volgende te gee:

  1. U kind se punte
  2. Dae afwesig
  3. Oortredings
  4. Kennisgewings van die skool
  5. Toetsroosters en eksamenroosters
  6. Afbakenings
  7. Die skool se kalender met jaarprogram.

U kan gerus die d6 Connect “app” (toepassing) op u slimfoon of tablet aflaai deur die volgende stappe te volg.

Klik hier vir D6 Connect webblad      |  Klik hier vir die Apple “app”  |  Klik hier vir die Android “app”

Facebook

Ons nooi u graag uit om ons Facebookbladsy te gaan “ like” en “ follow” om deel te wees van die daaglikse gebeure op en rondom die Woerie–kampus. U kan gerus die volgende skakel volg: https://www.facebook.com/HSCEN/

Instagram

Hierdie is ʼn heerlike platform om te volg aangesien u deel kan wees van al die gebeure en foto’s wat by byeenkomste, gebeure en funksies by die skool geneem word. U kan gerus die volgende skakel volg: https://www.instagram.com/woeriekampus/?hl=en

Youtube

Ons spog met ‘n splinternieuwe Youtube-kanaal waar al die nuutste videomateriaal opgelaai word. U is meer as welkom om dit te bezoek deur die volgende skakel te volg: https://www.youtube.com/channel/UCNM4MJJ2Jn2W8dmIZlyqM1Q

SMS/E-pos

Die skool sal ook op ‘n gereelde basis vir u ‘n SMS of e-pos stuur wat belangrike inligting van die skool bevat. Die databasis is opgestel volgens een ouer/voog se kontakbesonderhede wat deur die inskrywingsproses verkry is. Indien u nie ‘n SMS of e-pos van die skool ontvang nie en u sou graag wou, kontak asseblief vir Marco by  marco@hscenturion.co.za