Ons Woeries kan nie presteer sonder ons ouers en gemeenskap se ondersteuning nie. Ons wil graag ons ouers aanmoedig om by ons klerewinkel op die terrein, School Depot, hemde vir Woerie- ondersteuners aan te koop. Die pryse wissel van R200 – R250 per hemp plus R20 ekstra vir die drukwerk. Indien ouers reeds van die hemde aangekoop het, kan dit net by School Depot vir die nodige drukwerk ingehandig word.