Akademie

Ons SUPERonnies werk nou ook saam met Huisgenoot!

Die onderwysers in skole wat gebruik maak van die Scriblr Educator om alles wat hulle in die klas verduidelik en skryf, op te neem sodat die kinders weer later daarna kan gaan kyk, staan as SUPERonnies bekend. Huisgenoot het nou ’n projek saam met die SUPERonnies, onder hulle Kopskuif-onnies vaandel, geloods. Van hierdie week af sal al die materiaal wat by Hoërskool Centurion in die klas gebruik en geskep word, ook op www.huisgenoot.com te sien wees. Dink net aan al die blootstelling en bemarking vir ons skool.

Ons voerskool, Louis Leipoldt, se Graad 7 Wiskunde-SUPERonnie is ook verlede week as die “Onnie van die week” deur Huisgenoot aangewys. Gaan ondersteun haar gerus ook by Huisgenoot se webtuiste, by die Kopskuif-onniesafdeling.