Opedag

Ons Opedag is onlangs bemark deur ʼn “roadshow” na omliggende laerskole in ons omgewing. Die Woerie–waardes, prestasies en hartklop van ons skool is met trots gedeel. Dit was heerlik om die laerskole te besoek en ons waardeer almal se moeite wat betrokke was om die leerders te koördineer en te vervoer.

 

Die Opedag het op Donderdag, 12 April 2018 plaasgevind. Dit was ‘n koue aand, maar dit het nie die groot getal gr. 7-leerders en hul ouers gekeer om die ongelooflike aand met ʼn feestelike atmosfeer by te woon nie. Die groepleiers, personeel, leerlingraad en aktiwiteitsverteenwoordigers het hul goed van hul taak gekwyt. Die komplimente stroom in en almal praat van hoe besonders die Woerie–kampus Opedag was. Baie dankie aan Elri en haar span van Purple Cow wat die Kampuskoffie geborg het, ons waardeer julle lojaliteit en ondersteuning teenoor die skool. Ons kan voorwaar trots op Woerieland wees!