Akademie-klasgrootte

Getalle tel: Individuele aandag in kleiner klasgroottes!

Individuele aandag vir elke leerder!

Hoërskool Centurion se akademie: Individuele aandag in kleiner klasgroottes.

 

Welkom by Hoërskool Centurion, ‘n skool met ‘n trotse erfenis sedert 1958.

 

Ons is ‘n toonaangewende skool wat vir uitnemendheid in akademie, sport, kultuur, en geestelike groei bekend staan. Hier is ‘n oorsig van ons akademiese benadering en die unieke geleenthede wat ons aanbied:

 

Klein klasgroottes: Klasgroottes is die enigste plek waar ons onder die gemiddeld wil wees! Ons glo in individuele aandag vir elke leerder, daarom beoog ons om ons klasgroottes so klein as moontlik te hou met klasgroottes wat 40% kleiner is as die Gauteng-gemiddeld. Kleiner klasse stel ons in staat om persoonlike interaksie te bevorder en elke leerder se unieke behoeftes aan te spreek.

 

Top akademiese personeel: Ons akademiese personeel is hoog gekwalifiseerd en by verskeie akademiese liggame betrokke.

 

Tegnologie in die klaskamer: By Hoërskool Centurion is die gebruik van tegnologie in die klaskamer algemeen. Ons poog om leerders aan ‘n wye verskeidenheid van tegnologiese vaardighede bloot te stel wat hulle sal voorberei om aan te pas in ‘n toenemend veranderende wêreld.

 

Vakkeuse: Ons bied ‘n verskeidenheid vakke aan, insluitend Duits, Verbruikerstudies, Tegniese Wiskunde, Tegniese Wetenskappe, Meganiese Tegnologie, Elektriese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp. Ons moedig leerders aan om ‘n sinvolle vakkeuse te maak wat by hul individuele belange en toekomstige loopbaan aansluit.

 

Akkommodasies: Ons streef daarna om die impak van leerprobleme te minimaliseer deur akkommodasies soos ekstra tyd en lesers en/of skrywers aan te bied.

Word deel van die Woerie-kampus en ontdek die geleenthede wat Hoërskool Centurion bied. Vir meer inligting, kontak mnr. D. Barnard by d.barnard@hscenturion.co.za.

 

Besoek ons gerus tydens ons Opedag om meer uit te vind!

 


HOëRSKOOL CENTURION - Opedag

VIND MEER UIT OOR ONS OPEDAG

Ons inskrywingsproses:

 

HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:

Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. D. Barnard ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.

 

Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Barnard bespreek en voltooi.

 

NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:

  1. Vul die vorm aanlyn in.
  2. “Save” die vorm op u rekenaar.
  3. Stuur die vorm per e-pos as ‘n “attachment” na registrasie@hscenturion.co.za

 

Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Barnard met u aankoms.

 

HOëRSKOOL CENTURION - INSKRYWINGSVORm

Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. D. Barnard by registrasie@hscenturion.co.za

GRAAD 8 - INLIGTING

Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. D. Barnard by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.

Hoerskool Centurion icon
OORSIG
AKADEMIE
SPORT
Hoerskool Centurion icon
KULTUUR
Hoerskool Centurion icon
BEMARKING
Hoerskool Centurion icon
SOSIAAL
Hoerskool Centurion icon
NUWE WOERIES
Hoerskool Centurion icon
ALUMNI
Hoerskool Centurion icon
D6 Connect
Hoerskool Centurion icon
E-pos
Hoerskool Centurion icon
Whatsapp
Hoerskool Centurion icon
Facebook
Hoerskool Centurion icon
Instagram
Hoerskool Centurion icon
YouTube

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

 

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

 

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.