Hoërskool Centurion is ‘n trotse instelling met ‘n ryk geskiedenis sedert 1958. Hierdie skool het al vir 64 jaar ‘n onmisbare bydrae gelewer in die opvoeding en ontwikkeling van leerders. Die skool streef daarna om getrou te bly aan sy waardes en ‘n toonaangewende en uitnemende opvoedkundige instelling te wees. Die visie van Hoërskool Centurion is om optimale ontwikkelingsgeleenthede te bied deur individuele aandag aan alle leerders en personeel op alle terreine van persoonlike ontwikkeling te gee. Die missie van die skool is om leerders toe te rus om hulle volle potensiaal op alle gebiede te ontdek en te ontwikkel, insluitend leierskap, akademie, sport, kultuur, geestelike groei, lewensvaardighede en selfverwesenliking.
Kuns as vak by Hoërskool Centurion is ‘n dinamiese plek waar leerders hul kreatiewe talente kan ontwikkel:
Die kunsdepartement by Hoërskool Centurion is ‘n plek waar leerders kreatiewe probleemoplossing kan ontdek. Dit is ‘n omgewing waar leerders hulle volle potensiaal kan bereik en hul kreatiewe talente kan uitleef.
Kom vind meer uit oor kuns as vak by ons Opedag.
VIND MEER UIT OOR ONS OPEDAG
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. D. Barnard ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Barnard bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Barnard met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. D. Barnard by registrasie@hscenturion.co.za
Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. D. Barnard by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.