Hierdie verklaring is een van die eerste verklarings van Hoërskool Centurion en opgevat in ons leuse Steeds Hoër.
Die CSV is al van 1959 by die skool betrokke. Met die geboue wat eers in 1960 opgerig is, is dit duidelik dat die skool op geloof gebou is. Die CSV het plek gemaak vir TIX (Tieners in Christus) wat nou weer ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.
Ons open elke oggend met gebed en sluit ook die dag só af. Enige vergadering en besluitneming word met gebed voorafgegaan. Hierdie kragtige uitlewing van ons geloof gee ons die standvastigheid in ons besluite en die volhoubare geloof van Hoërskool Centurion.
Ons verbind ons daaraan om ons geloof in elke aspek van ons skoollewe na te streef. Ons nooi jou uit om saam met ons op hierdie pad van geloof te stap en om deel te wees van ons dinamiese en omvattende gemeenskap.
Welkom by Hoërskool Centurion – waar geloof ons na ‘n toekoms van moontlikhede lei.
VIND MEER UIT OOR ONS OPEDAG
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. D. Barnard ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Barnard bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Barnard met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. D. Barnard by registrasie@hscenturion.co.za
Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. D. Barnard by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.