Respek is die erkenning van die waarde en menswaardigheid van elke individu. Dit gaan oor om ander met hoflikheid, begrip, en waardering te behandel. By Hoërskool Centurion is respek ‘n fundamentele beginsel wat ons almal uitleef.
By Hoërskool Centurion is respek nie net ‘n woord nie, dit is ‘n leefwyse. Ons streef daarna om ‘n gemeenskap te wees waar elke persoon met waardigheid en respek behandel word. Saam bou ons ‘n omgewing van groei, geborgenheid, en aanpassingsvermoë.
“Steeds Hoër” – Ons leuse beklemtoon ons strewe na voortdurende verbetering, en respek is ‘n onmisbare deel van hierdie reis.
Welkom by ons gemeenskap van respek en samewerking!
VIND MEER UIT OOR ONS OPEDAG
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. D. Barnard ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Barnard bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Barnard met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. D. Barnard by registrasie@hscenturion.co.za
Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. D. Barnard by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.