Hoërskool Centurion streef daarna om getrou te bly aan ons waardes en ‘n uitnemende opvoedkundige instelling te wees wat in diens van die breër gemeenskap staan.
Ons wil ook die grondslag bied as ‘n leerdergesentreerde skool wat optimale ontwikkelingsgeleenthede deur individuele aandag aan alle leerders en personeel bied. Só gee ons die kans vir elkeen om hulself uitnemend te maak.
VIND MEER UIT OOR ONS OPEDAG
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. D. Barnard ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Barnard bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Barnard met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. D. Barnard by registrasie@hscenturion.co.za
Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. D. Barnard by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.