Algemeen

Oud-Woerie: Christel van den Berg

Sy is gebore en het grootgeword in Pretoria en het drama by die Pretoria Tegnikon studier waar sy in 2003 haar graad verwerf het. Sy is tans ‘n gewilde Suid-Afrikaanse aktrise en het al rolle in “Plek van vleisvreters” (2004), “Villa Rosa” (vanaf 2009), “Egoli”, “7de Laan”, “Generations”, “Binneland” en “Laugh out loud” vertolk.  Sy het ook in talle films gespeel naamlik “Hoofmeisie”, “Bakgat” en “Bakgat II”. Sy is die “South African National Blood Service”-ambassadeur en sy poog om die publiek meer bewus te maak van die behoefte aan bloedskenk in ons land.

Voorwaar n trotse Woerie.