Algemeen

Oud-Woerie : Karen Ferreira

Karen matrikuleer in 2003 by Hoërskool Centurion.  Ons het haar leer ken as Idols-deelnemer (tot by sewende plek) en Zing-duetwenner.  Die KKNK en haar energieke debuutalbum “Altyd joune” in 2005 het Karen se talent en gewildheid bevestig.  Sy het ook die voorprogram vir “Westlife” tydens hulle onlangse SA toer gedoen en neem ook aan die alombekende “Huisgenoot Skouspel” deel.  Sy het ook met haar nuutste liedjie “Ek wil by jou wees” ‘n Sama-nominasie losgeslaan.

Ons is voorwaar trots op dié Woerie