Algemeen

Oud-Woerie : Letitia Saayman

Sy matrikuleer in 2010 as onderhoofdogter.  Sy word ook as die Woeries se ambassadeur in 2010 aangewys.  Haar landwye en wêreldwye landloopdeelname het gesorg dat sy die Woerie-naam hoog hou.  Sy word in 2010 onder andere ook gekroon as die Suid Afrikaanse atletiekkampioen in die 5000 meter.  Sy verwerf nasionale kleure vanaf gr. 10 en neem in 2009, 2010 en 2011 aan die wêreldkampioenskappe in Jordanië, Pole en Spanje deel.  Daar word sy ook telkens as die beste senior landloopdogter aangewys. Letitia se bydrae het verseker dat Hoërskool Centurion in 2009 alle trofees op die Gauteng-Noord sekondêre skolelandloopprestigebyeenkoms verower het.  Op dié prestige toekenningseremonie verower die junior seuns, junior dogters, senior seuns en senior dogters al die eerste plekke.

Letitia studeer tans by die “Coastal Carolina University” in Amerika.  Sy het onlangs in die “Big South-African Outdoor Track & Field” die 10 000 meter gewen en tweede in die 5000 meter geëindig.  Daarmee verwerf sy “All Big South”- kleure in 5000-  en 10 000 meter.  Sy verower die “Dean – Honnery Academic roll” – toekenning vir die beste akademiese prestasie en word gekies op die “Big South Student Athletic Council”.  Dis is vir die Woeries boonop ‘n voorreg om haar pa, mnr. Dion Saayman, al die afgelope sewe jaar as landloopafrigter by ons skool te kan hê.  Ons is baie trots op dié Woerie!