Oud Woeries

Alumni-stigting

Besoek gerus ons Facebook bladsy – Hoërskool Centurion Oudleerlingbond

Reunies

53jrreunie

53 Jr Reünie: 1963-Matrieks:10 September 2016: Lytteltonse Hoërskool

Ons reünie is soos die voriges weer by die Skool gehou en die klasmaats vanoor die hele land het weer heerlik saamgekuier.

Almal was deeglik bewus van die groot voorreg om nog saam met ou maats, “kyse” en selfs oud-onnies te kon verkeer.

Daar was ‘n groot aantal maats wat a.g.v. omstandighede ongelukkig nie die reünie kon bywoon nie en dus word vertrou dat daar wél in die toekoms weer ‘n geleentheid daartoe sal wees.  

Belangstellendes  aangeraai om maar die media vir verwikkelings dop te hou en ook met Henk du Plessis by tel. (044) 620-5248 sel. 0833182920 en e-pos henkenchristi@telkomsa.net  kontak te behou.


Reünie 1987

Ons beplan ‘n  30-jaar reünie in 2017. Ons beplan om die reunie op die skoolgrond te hou. Die voorlopige beskikbare datums is Augustus of die eerste naweek na die Oktober skoolvakansie – ons sal Februarie 2017 finale datum bevestig. Alle oudonderwysers word ook hartlik uitgenooi.

Ons soek nog dringend na klasmaats. Registreer asseblief op facebook by – Verwoerdburg Hoërskool – 1987.
Invite ook asseblief alle oud 1987 skoolmaats op die group. Alle relevante inligting sal daar gepost word.


Die 1967 jaargroep van die destydse Lytteltonse Hoërskool, vier in 2017 hul 50 jarige reunie.   Alvorens beplanning in meer detail vir die okkasie gedoen kan word, wil ons eers die data-basis opdateer en soveel moontlik van ons maters probeer opspoor.    Ons versoek dat elkeen van hierdie jaargroep wat hierdie boodskap lees, of enige iemand wat weet van diesulkes, kontakbesonderhede aan die volgende persone beskikbaar maak:

jaarblad-1967

1963 Matriekklas hou hulle 53-Jarige Reünie op Saterdag 10 September 2016 by die Skool.

Daar word weer, soos in die verlede, ‘n groot opkoms en ‘n heerlike kuier met baie “Onthou jy nog’s” en “gryse kyse” verwag. Ons is baie bevoorreg om nog ‘n paar van die oud-onderwysers en selfs ‘n sonderwyser, as ons spesiale gaste teenwoordig te hê. Daar word ook nog  na ‘n klompie verlore skapies gesoek en enigiemand met inligting moet asseblief dringend met Henk du Plessis skakel:
Henk du Plessis  Groot Brakrivier
Tel: (044) 620-5248
Sel: 083 318 2920
e-Pos: henkenchristi@telkomsa.net 

Daar is ook onlangs ‘n heerlike “Mini-reünie” in George gehou toe klasmaats van die 1963-Matriekklas en twee onderwysers wat in die omgewing woon, lekker saamgekuier het. Daar was selfs een maat elk uit Australië en Kanada wat op daardie stadium hier gekuier het.
Op die foto verskyn: Voor links na regs: Willie Kotzenberg, Mnr. Giel le Roux, Mev. Poekie le Roux, Alet Vorster Gilliland, Ria Naudé Ferreira, Gerda Riegel Bekker, Henk du Plessis. Agter links na regs: Johnny Joubert, Jaap van Lille, Joe Alberts, Chris Smit.

       IMG_3189a                                                                                                                                                                                                                                                                  

1989 Matrieks: Die reünie word gehou 26-28 September 2014 te Sondeal Vakansie-oord. Vir bywoning kan ek gekontak word by ahrahres@mweb.co.za.

1993 Matrieks : 13 – 15 September 2013.  Kontak  Julie 083 362 0535

1983 Matrieks: 12 Oktober 2013. Kontak  Lizán 084 559 6271

1968 Matrieks: 7 September 2013. Kontak  Cynthia 082 461 5354

Reünie 1993

‘n  20-jaar reünie word op 13-15 September 2013 by die 10 Air Depot sportlapa Thaba Tswane, Voortrekkerhoogte gehou.  Kontak vir Julie van der Merwe by 0833620535 vir verdere inligting.  Alle oudonderwysers word ook hartlik uitgenooi.


Henk du Plessis organiseer die 1963-matrieks se 50-jarige Reünie wat op 1 Junie 2013 by die Skool plaasvind.

Ons soek nog dringend na ±30 klasmaats.

Kontak besonderhede vir Henk:

Tel (H) (044) 620-5248
(Sel) 083 318 2920
Epos: henkenchristi@telkomsa.net

‘n Vinnige, spontane “Mini Reünie” is ook onlangs met ‘n paar 1963 matriek-klasmaats wat binne trefafstand was, in Pretoria gehou. Dit was ‘n heerlike vooruitskouing van ons GROOT  50 Jarige Reünie wat binnekort plaasvind.Die klasmaats wat teenwoordig was, is v.l.n.r. Theuns Botha, Magriet Eksteen, Fritz Eksteen, Naómi (Kuypers) Schulze, Henk du Plessis, Lukas Nel, Francois Dannhuizer en Deon Liebenberg.


Mini-Reunion : Class of 1963

A group of “oldies” pupils and teachers have recently had the wonderful and blessed opportunity in exchanging precious memories of “who’s and when’s” at a delightfully extended lunch at “The Rose on York” Restaurant in George. The friendly and helpful staff immediately “rose” to the special occasion resulting in an extremely pleasant mini-rehearsal for the Big Reunion in 2013.

The three remaining local pupils (two others have moved elsewhere and one immigrated to Canada recently) were part of the 1963-matric class at the (then) Lytteltonse Hoërskool in Centurion in Gauteng. They are Jaap van Lille (Architect, George), Willie Kotzenberg (Businessman, Wilderness) and Henk du Plessis (Glass Artist, Great Brak River).

The teachers are Mr. Jan van der Merwe (Afrikaans Language) of Centurion, who also later became the Headmaster of the School, Mr. Giel le Roux (Biology) and his wife Mrs. Poekie le Roux (Domestic Science) of George.

The 50th Anniversary Reunion of the Class will take place at the School in Centurion on Saturday 11 May 2013.  The co-organizer, Henk du Plessis, have undertaken a big search-and-trace operation for classmates since 2008, when the School had its 50th Anniversary. To date 75% of the classmates have been traced, of which 90% are expected to attend the reunion. Even a few currently residing overseas have indicated their intentions of attending. For any assistance with obtaining information on classmates, Henk can be contacted at (044) 620-5248 or 083 318 2920.


Left to right: Henk du Plessis, Willie Kotzenberg, Giel le Roux, Poekie le Roux, Jaap van Lille, Jan v.d. Merwe

Teachers in front, left to right:  Mr. Jan v.d. Merwe, Mrs. Poekie le Roux, Mr. Giel le Roux
Pupils at the back, left to right: Henk du Plessis, Willie Kotzenberg, Jaap van Lille