Algemeen

Oudleering – Letitia Saayman

Letitia Saayman, ‘n oudleerling van Hoërskool Centurion hou ons skool se naam ook in die VS HOOG WAAR SY TANS IN Myrtle Beach by Coastal Carolina studeer.  Letitia het die afgelope naweek een van die hoogste sporttoekennings in Amerikaanse studentesport behaal, naamlik die “Triple Crown”.  Sy het in een seisoen al drie die “Big South Conference”-titels gewen, naamlik in landloop, binnenshuise atletiek (500 m) en buitenshuise atletiek (10 000 m).  Ons is voorwaar trots op haar!

Foto – Letitia Saayman besig om die Indoor Conference 5000m wedloop te lei.