“WOERIE – JUKEBOX”

Hoërskool Centurion se eie Pieter Skoen en mede-kunstenaars nooi u hartlik uit om die personeelkonsert saam met ons te kom geniet! Dit is ‘n aand gevul met lag en humor, waar ons leerders en ouers die geleentheid kry om bietjie ‘n ander kant van ons personeel waar te neem.

Kaartjies kos slegs R20 en kan by leerders se registerpersoneel inbetaal word. Kaartjies sal ook die aand by die deure beskikbaar wees.

Daar is 2 sessies om – 18:00 en 20:00 – maak seker dat julle nie hierdie hoogtepunt van die jaar misloop nie!!!