Sport

Prestasie – Roei

Danie Botes (graad 12) en sy suster, Anya Botes (graad 8), het hierdie naweek, 11–12 Augustus 2012, ‘n puik vertoning gelewer tydens die Kwazulu-Natal K2-kampioen-skappe en SA proewe wat op die Tugelarivier plaasgevind het. Die KZN K2-kampioenskappe is  tydens die Tugela 20-resies plaasgevind wat naby Bergville in die Drakensberg begin het.  Alhoewel die roeiers in ‘n sprokiesagtige, sneeubedekte omgewing geroei het, moes hulle stormsterkte wind en ysige water  tydens die 40km-resies trotseer. Danie en Anya het as K2-span die eerste posisie verower in die Gemengde Junior kategorie, terwyl hulle in die vierde algehele gemengde posisie klaargemaak het. Meer as 300 deelnemers het die resies voltooi. Sien aangehegte foto waar Danie en Anya suksesvol oor die Driel Keerwal “skiet” tydens die resies.    Slegs ‘n klein persentasie van die deelnemers kry dit reg om suksesvol oor dié keerwal te kom.

Danie en Anya roei beide vir Centurion Kanoklub by Rietvleidam.


Danie Botes, ‘n graad 12-leerder van ons skool, het tydens die naweek van 14 Julie 2012, sy derde Bergrivierkanomarathon suksesvol voltooi.

Die een en vyftigste Bergrivierkanomarathon, een van die mees uitdagende kanowedrenne in die wêreld, het oor ‘n afstand van 220km vanaf Paarl tot by Velddrif teen die Weskus plaasgevind.

Vir die meeste deelnemers wat aan hierdie resies deelneem, is om klaar te maak reeds ‘n prestasie, terwyl die kompeterende deelnemers jaag vir die gesogte Top 50-medalje. Danie het die resies hierdie jaar in die twee en veertigste posisie in ‘n tyd van 18:49:40 voltooi.