Nadia Fourie (gr. 9) is by die Engelse Drama- afdeling van die Pretoria Eisteddfod as kategoriewenner in al drie haar items aangewys. Sy het ook Saterdagaand by die pryswennerskonsert die trofee ontvang vir die beste Engelse Monoloog, gr. 8-10 met haar vertolking van Lady Macbeth. Baie geluk, Nadia! Hoërskool Centurion is baie trots op jou!