Algemeen

Radio Rippel-besoek

Wat ‘n mooi gesig om soveel Woeries op die pawiljoen om 06:00 in die oggend te sien!  ‘n Ongelooflike gees het geheers en die Alma Skool vir Gestremdes het die dag se kuier saam met die Woeries vreeslik geniet.  Die Woeries kon met trots ‘n tjek van R6 500 aan die skool oorhandig wat beslis ‘n verskil in dié leerders se lewe gaan maak.  Dankie vir die positiewe gesindheid en talle opofferings wat die dag voorwaar ‘n rooiletterdag gemaak het!