Sport

Roei

(Foto is van Anya en Morgan waar hulle oor die Goose Bay Canyon keerwal gaan.)
Anya Botes, graad 9 leerling van Hoërskool Centurion, en haar K2 spanmaat, Morgan Ziervogel van Alberton, het op 3 November 2013 die Suid Afrikaanse K2 rivier kampioen titel opegraap in die junior dames kategorie tydens die CMH East Rand Vaal marathon.  Die Vaal maraton wat oor ‘n afstand van 70km strek, het van die beste roeiers in Suid Afrika en oorsee getrek waaronder wêreld kano maraton kampioene Hank Mcgregor en Cam Schoeman asook olimpiese snelroei atlete, Bridgitte Hartley en Jen Theron.

Hierdie oorwinning volg kort op die hakke nadat die 15 jarige Anya twee weke gelede as die Gauteng K1 Rivier Kampioen aangewys is tydens die Sasol Lowveld Croc resies. 


Anya Botes, graad 9, is hierdie week gekies vir die Gauteng A-span om die provinsie te verteenwoordig tydens die SA K2-Rivierkampioenskappe wat van 2 – 3 November 2013 op die Vaalrivier plaasvind.
Baie geluk en sterkte!


Anya Botes, gr. 9, het verlede week aan die Bergrivier-kanomaraton deelgeneem.  Sy het twee podium-posisies losgeroei, een as die eerste junior meisie, asook  asook algeheel ‘n derde plek O/16.  Anya het ook die gesogte Top 100-medalje ontvang deurdat sy die resies in die 92ste posisie voltooi het.  Anya het die resies in

23 uur en 23 minute voltooi en was die sesde vrou in die kompetisie. Baie geluk!

Anya Botes het verlede naweek aan die SA Platwater-maratonkampioenskappe by Shonwenidam deelgeneem. Hierdie kompetisie was om die Gautengspan te kies vir die SA K1-rivierkampioenskappe.
Anya en haar K2-spanmaat, Kayla de Beer van Hoërskool Epsworth in Pieter-maritzburg het silwer medaljes in die O/16-dameskategorie gewen.


Anya Botes, graad 9, het op Saterdag, 11 Mei aan die Gauteng K1 Maraton Kampioenskappe en proewe deelgeneem wat op Wemmerpan plaasgevind het.

Anya het die 16km-afstand in ‘n stormsterkte wind in ‘n tyd van 1uur 44 min voltooi.  Sy was nie net die wenner in die O/16-dameskategorie nie, maar sy was ook die algehele vrouewenner.

Anya is ook vir die Gautengspan gekies om Gauteng tydens die SA Maraton-kampioenskappe te verteenwoordig wat op 1 Junie 2013 by die Shonwenidam plaasvind.


Anya Botes, ‘n graad 9-leerder, het twee podiumposisies gekry tydens die Gauteng Gemengde K2-Rivierkampioenskappe wat op 21 April 2013 op die Liebenbergs-vleirivier tussen Reitz en Tweeling in die Vrystaat plaasgevind het. Die resies is deur ‘n koue wind van voor en vinnigvloeiende ysige water afkomstig van die Drakensberge met ‘n hele paar uitdagings soos keerwalle, boomblokkasies en stroomversnellings gekenmerk.

Terwyl hulle eerste in die junior kategorie was, het Anya en haar spanmaat, Johan Ubbink, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Waterkloof, in die 27km-resies algeheel derde geëindig, slegs enkele minute na die wenners.Die resies is deur die top Gauteng- en internasionale bekende roeipaar Jacques en Jen Theron, gewen.


Na Anya Botes op 15 Maart 2013 in Durban presteer het tydens die SA Skole “Surf”- kampioenskappe, waar sy die titel verower het, het sy 5-7 April by Roodeplaatdam ook aan die SA Skole Snelroei Kayak-kampioenskappe deelgeneem wat deur 274 van Suid-Afrika se top junior roei-atlete van 93 skole bygewoon is.  Die geleentheid wat oor drie dae plaasgevind het, het al die olimpiese snelroeidissiplines gedek wat die volgende afstande en kategorieë ingesluit het:  5000m, 1000m, 500m, 200m in K1-, K2- en K4-kategorieë.

Aangesien hierdie geleentheid ook ‘n interskolekompetisie was, het Anya ook punte vir Hoërskool Centurion verwerf wat die skool hoog op die ranglys van openbare skole geplaas het as gevolg van haar prestasies wat ses podiumposisies insluit.  Anya was die tweede beste Gauteng-deelnemer en sy het algeheel sesde in die land met haar totale puntetelling geëidig.

Anya se podiumposisies tydens die SA Skole Snelroei Kayakkampioenskappe in die O/16-kategorie is as volg:

  • 5000m K2 : Eerste (Goue medalje)
  • 1000m K2 : Tweede (Silwer medalje)
  • 1000m K4 : Tweede (Silwer medalje)
  • 500m K2   : Derde (Brons medalje)
  • 500m K4   : Derde (Brons medalje)
  • 200m K2   : Tweede (Silwer medalje)