Sport

Rugby 2011

Die seisoen het reeds op 5 Maart 2011 met vriendskaplike wedstryde teen Johan Vorster, tuis , voor die aanvang van die NuPower super 16-kompetisie afgeskop.

Die NuPower-reeks begin met ‘n wegwedstryd teen Jeugland, waar ons ses van die tien wedstryde wen.  Die eerste span laat ons naels kou, maar wen die wedstryd in die laaste twintig minute met prag drieë.  Die eindtelling is 29-19.

In die oorblywende twee groepwedstryde teen Eldoraigne en EG Jansen behaal ons gemengde welslae.  Die eerste span en die O/15A’s eindig onder die top agt en neem aan die uitspele van die uitspeelwedstryde deel.

Die toer skop in die Aprilvakansie af met die O/14A’s en O/15A’s wat na Naboomspruit reis om aan die Hansie-week deel te neem.

Die O/14A- en O/15A-spanne wen al drie hulle wedstryde.  Die O/14A’s wen teen Ben Vorster 30-7, Noordheuwel 19-10 en Port Natal 36-12.  Die O/15A’s wen teen Hoogenhout 15-0, die gunstelinge Naboomspruit 20-13 en teen Tuine 19-12.  Die afrigters van dié twee spanne is egter baie teleurgesteld om nie met hulle spanne in die finaal te speel nie.

Die O/16A-span vertrek op 1 April na Paarl-Gimnasium om deel te neem aan die prestige-week.  Hulle is ook suksesvol in hulle eerste wedstryd en wen maklik teen Hoërskool Die Punt met 31-6.  Die span se tweede wedstryd teen Hoërskool Oudshoorn speel hulle aanskoulike rugby en wen uiteindelik met 36-7. Die span speel hul laaste wedstryd teen die hoogaangeskrewe Outeniqua en verloor die wedstryd 38-14.

Die eerste span onder leiding van Mnr. J. Koekemoer en mnr. R. Brand vertrek ook op 1 April na die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal.

Hulle kom in hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Drosdy te staan en verloor 46-3.

Die tweede wedstryd verloor hulle teen Hugenote 18-8 en hulle laaste wedstryd wen hulle 36-3 teen Bredasdorp.

Die A-spanne hervat na die vakansie die NuPower-reeks en speel in die kwarteindrondte op Klerksdorp, waar die spanne nie die mas opkom teen Monument en Klerksdorp nie.

In die semifinale behaal die spanne mooi oorwinnings, maar ons eerste span val teen Ermelo vas. In die finale uitspeelrondtes behaal die spanne
gemengde welslae en eindig algeheel in die elfde plek van die reeks.

Ons O/16B-span onder leiding van Mnr. Pretorius en mnr. Jooste speel skitter-rugby in die NuPower-reeks en speel in die finaal van die reeks teen HTS
Middelburg, maar buig die knie 22-12.  Welgedaan seuns, met ‘n puik seisoen!

Ons vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Oosmoot dis die spanne mooi rugby op en behaal gemengde welslae in die Beeld-trofee kompetisie se uitspeelrondtes teen Garsfontein, Eldoraigne en Waterkloof, en trek die spanne swaar en kwalifiseer nie vir die verdere uitkloprondtes na die Junievakansie nie.

In die algeheel was die rugby van hoogstaande gehalte.  Die spanne het nie altyd aan die verwagtinge voldoen nie, maar die gees waarin die wedstryde plaasgevind het, is altyd iets om op trots te wees.

‘n Woord van gelukwensing aan die volgende personeel en spelers met hulle betrokkenheid by die BlouBul provinsiale spanne:

Mnr. R. Brand, agterlynafrigter van die O/18-Cravenweekspan
Mnr. J. Koekemoer, sameroeper van Cravenweek-keurkomitee
Mnr. H. Pretorius, BlouBulle O/16-keurder.
Mnr. A. Labuschagne, afrigter van die O/19 NWU/PUK-uitnodigingspan
Mnr. H. Pretorius, spanbestuurder

O/18A-Cravenweekspan:      
Tabu Mabuza
Dylan van der Westhuizen
Caswell Khoza

O/18A-Akademiespan:          
Brandon Hewitt
Chad Mckay
Nathan Smith
Johan Ras

O/19 NWU/PUK-span:          
Werner le Roux
Francois Jones

O/16-Grant Khomospan:       
George-Lee Erasmus

O/16-Uitnodigingspanne:       
Christo Bezuidenhout
Heinrich de Jongh

Baie geluk aan Tabu Mabuza met sy insluiting in die SA junior 7’s span en die SA Skolespan.

Die volgende spelers is vir die BlouBulle-jeugklubs se O/16-span gekies:
Christo Bezuidenhout
Heinrich de Jongh
Ian Engelbrecht

Baie geluk aan Simone Vosloo, ons eerste dogterspeler met haar insluiting in die BlouBulle O/20-span asook die SA O/20-span.

Die BlouBulle-sewespan spelers :
Brandon Hewitt
Tabu Mabuza
Caswell Khoza

Ons gasspreker tydens die rugbydinee was mnr. Hannes Strydom, slot van die 1995-Wêreldbekerwenspan en sy toespraak was van groot waarde vir die ouers en seuns.

Die volgende spelers het toekennings ontvang:
Beste senior voorseler:  Francois Jones
Beste senior agterspeler:  Werner le Roux
Beste O/16-voorspeler:  Heindrich de Jongh / Christo Bezuidenhout
Beste O/16-agterspeler:  George-Lee Erasmus
Beste O/15-voorspeler:  Diwan Gouws
Beste O/15-agterspeler:  Damien Hogg
Beste O/14-voorspeler:  Immanuel Boshoff
Beste O/14-agterspeler:  Luan Schippens
Beste vordering (JP Durand-trofee):  E'Duan Bosman
Goue Grote:  Tokkie Mtsweni

'n Woord van dank aan elke afrigter en speler wat net hulle beste gegee het.  Aan al die ouers vir hulle volgehoue ondersteuning langs die veld en aan Hom alle eer vir al die talente wat Hy aan ons as afrigters en spelers gegee het om altyd die geleentheid te gebruik om hoër te streef.

[nggallery id=28]