Sport

Gimnastiek

Marinus van der Merwe (graad 9) het tydens die Gauteng – Noord Gimnastiekkampioenskappe vroeër die maand, ‘n algehele eerste plek verwerf en ook gekwalifiseer om aan die Gauteng – kampioenskappe deel te neem.  Tydens hierdie kampioenskappe het hy weer algeheel eerste geëindig.  Hy is nou gekies om Gauteng  – Noord tydens die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe van 4-6 Oktober 2012 te verteenwoordig.


Germari Bos is gekies vir die Gauteng-Noord Gimnastiekspan wat aan die Gautengkompetisie by die Matsportsentrum op 15 September 2012 gaan deelneem.


Lizandi Broodryk in graad 8 het aan die SA Nasionale Gimnastiekkompetisie deelgeneem en ‘n algehele derde plek behaal. Sy het ook drie apparaatmedaljes gewen.

Sy is ook in die SA span wat aan die Leverkusen-kompetisie in Duitsland gaan deelneem, ingesluit. Sy ontvang dus ook haar Federasiekleure in gimnastiek. Baie geluk!