Hoërskool Centurion spog met nie minder nie as drie SA skolekampioene! Tydens die SA skole atletiekkampioenskappe van 22- 24 Maart te Potchefstroom, het die atlete van Hoërskool Centurion puik presteer. Gestelle Snyman , dogters O/19-spiesgooi  (foto 1), Savannah Combrinck,  dogters O/17-spiesgooi (foto 2:saam met hul afrigter mnr. Leon Rheeder) en Jana Van der Merwe dogters O/17 800m (foto 3 afrigter mnr.Dion Saayman ) met  ‘n tyd van 2.09.65, verwerf almal goue medaljes.