Tydens die jaarlikse interstreekskampioenskappe het die Woeries weereens uitstekend presteer en die volgende dogters is gekies in die O/17 All Star-span: Gestelle Snyman, Elzanne Burger, Savannah Combrinck, Zoë Muller en Anita Hellberg. Tydens die SA skolekampioenskappe is drie van ons dogters ook as deel van die SA O/19-oefengroep gekies. Die dogters is Shané Luyt, Francé Price en Elrie Herman. Ons is trots op hierdie Woeries!