Sport

Seunshokkie 2011

Hoërskool Centurion het weereens ‘n uitstekende jaar op die hokkieveld beleef.  Drie A-spanne en ‘n tweede span het aan die 2011 liga deelgeneem.

Ons eerste en O/16-span het aan die NuPower-reeks deelgeneem en ‘n algehele sesde plek uit die sestien skole behaal.  Ons O/16’s het vierde in die kompetisie geëindig.  Die seuns het tydens die Aprilvakansie die TUKS-kliniek bygewoon en baie geleer.

Ons het uitstekend in die liga gevaar.  Van die vier en twintig wedstryde het die drie A-spanne twintig gewen.  Die O/16-span het onoorwonne in die liga geëindig en ‘n rekord aantal van veertien doele aangeteken en geen doele afgestaan nie.

Baie geluk aan al ons spanne!

[nggallery id=31]