Die skoolkoor het op Saterdag, 12 Mei 2018 in Emperor’s Palace deelneem aan kykNet se korekompetisie nl. Sing in Harmonie 2018. Onder leiding van mnr. Pottas en me. Schelhase het die koor hul uitstekend van hul taak gekwyt. Op hierdie eerste aand van die uitdunne dring slegs 4 skole deur. Die finaal vind op 23 September 2018 in die Siverstar Casino plaas. Ons het ook op Woensdag, 16 Mei 2018 by Hoërskool Eldoraigne aan hul koorfees deelgeneem. Die skoolsaal was gepak en die gehoor het ons uitmuntende vertoning baie geniet. Baie dankie aan elke entoesiastiese, konsensieuse koorlid wat altyd op hul pos is en ons Woerie-naam hoog hou! Julle is voorwaar ‘n wenspan!