Hoërskool Centurion

KASKAR

Sekerlik een van die Woeries se grootste fondsinsamelingsaksies oor die jare, is die Kaskardag. Nie net dien dit as fondsinsameling nie, maar is terselfdertyd ‘n lekker ontspanningsdag, waar daar hope gees gevang word en leerders kans kry om sosiale interaksie met medeleerders en selfs onderwysers te geniet.

As aanvulling tot die kaskarkompetisie, word die dagprogram jaarliks aangepas na gelang van spesifieke behoeftes. Springkastele, sportuitdagings soos raakrugby vir dogters of sagtebalwedstryde tussen die dogters en seuns gaan gewoonlik gepaard met Kaskardag. 

As geelwortel is daar boonop die allergewilde uitstappies na die Valley of the Waves by Sun City vir die klasse wat die R10 000 mylpaal vir die fondsinsameling bereik. Die dag bied hope pret vir alle deelnemers en is sekerlik een van die hoogtepunte op die sosiale kalender.

Organiseerder:
Mnr. J.D Cloete 
j.cloete@hscenturion.co.za