Met groot opgewondenheid word die dae jaarliks afgetel na die matriekafskeid. Hoërskool Centurion se matriekafskeid is ‘n spoggeleentheid wat elke jaar groot getalle lok om te sien hoe die Woerie-matrieks van kop tot tone uitgevat is. Die matriekdogters kry die geleentheid om hul pragtige aandrokke af te wys en die seuns skeep nie af met hul spoggerige uitrustings nie.