Hoërskool Centurion

NOCTE CUCURRI

Die Nocte Cucurri is ‘n heerlike geleentheid wat die hele gemeenskap van jonk na oud lok. Nocte Cucurri beteken in Latyn “om in die nag te hardloop” en die byeenkoms bestaan uit 2 wedlope, naamlik die Goue Myl asook die Pretwedloop wat albei ‘n myl (1.6 km) roete behels. Die Goue Myl is vir die meer ernstige atlete wat kompeteer om die rekordhouer te wees en die Pretwedloop bestaan uit verskeie pret kategorieë waarvoor enige iemand kan inskryf. 

Maak seker dat u nie die wonderlike byeenkoms misloop nie.

Die Nocte Cucurri sal vanjaar op Lentedag, 1 September, plaasvind en ons verwag om nog groter te gaan vanjaar! Daar is groot pryse op die spel en elke atleet wat die 1.6 km voltooi, sal wegstap met ‘n medalje.

Maak seker dat u nie die wonderlike byeenkoms misloop nie. 

Organiseerder:
Me. K. Roux
bemarking@hscenturion.co.za