Hoërskool Centurion

SOKKIES

Sokkies is een van die gewildste aktiwiteite en vind onder toesig van personeel plaas. Dit vind kwartaalliks plaas en ondersteun verskeie fondsinsamelings vir spesifieke skoolaktiwiteite, byvoorbeeld die matriekafskeid of die VLR-fonds. Dit is ‘n ideale geleentheid vir leerders om aan veilige, georganiseerde sosiale geleenthede deel te neem. Sokkies wissel van baie formeel, soos die Valentynsbal tot baie informeel. Baie keer word daar ook ‘n spesifieke tema daaraan gekoppel. 

Kultuurhoof:
Me. S. Hattingh 
kultuur@hscenturion.co.za