Saterdag 10 Maart 2018, het Gestelle Snyman (dogters o/19) en Savannah Combrinck (dogters o/17), beide die Gautengkampioenskap sowel Gauteng-Noordkampioenskap, gewen.  Met bogenoemde oorwinnings kwalifiseer beide dogters vir SA kampioenskap in Potchefstroom, sowel as vir ASA SA kampioenskap in die Paarl. 

Gestelle het ook reeds verlede week gekwalifiseer vir die Senior SA kampioenskap. SABC 1 het ‘n onderhoud met haar gevoer. Kyk gerus Vrydag 16 Maart om 6:30 wanneer die program “Sports Buzz” uitgesaai word.

Foto: vlnr. Gestelle Snyman, Leon Rheeder (afrigter), Savannah Combrinck