Sportwb

Sport by ons skool is veel meer as net die fisiese deelname aan aktiwiteite en wedstryde in verskillende kodes. Dit behels ook die optimale ontwikkeling van ons leerders in sosiale- geestelike en emosionele aspekte. Ons afrigtingskorps is van hoogstaande gehalte en talle afrigters het ondervinding as provinsiale afrigters, –   keurders, of -bestuurders. Talle dien ook op provinsiale uitvoerende besture in hul onderskeie sportkodes.

Website personeelfotos
Sporthoof
GROOT SPORTSOORTErb

Grootsport word gekategoriseer as sportkodes waaraan soveel leerders as moontlik
kan deelneem en daar verskeie spanne per ouderdomsgroep bestaan.

Hoerskool Centurion Atletiek

Ons skool spog met ‘n ryke tradisie van puik atletiekprestasies op nasionale, sowel as internasionale vlak. In die laaste 7 jaar het ons skool 4 nasionale atlete opgelewer. Ons beskik oor ‘n span puik afrigters wat hulself verryk met die nuutste afrigtingsmetodes, deur onder andere, gereeld kursusse by te woon.

  • In 2021 het 8 atlete aan die Atletiek Gauteng-Noord kampioenskappe (AGN) deelgeneem, waar 3 atlete medaljes verower het. Hiérdie drie atlete (Ronin Rybnikar, Riané Bosman en Chirsté Loedolff) is opgeneem in die AGN-span wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het.
  • As gevolg van die COVID-19 Pandemie kon ons nie aan byeenkomste teen ander skole deelneem nie, maar ons het steeds die leerders die geleentheid gebied om aan onderlinge byeenkomste deel te neem.
  • In 2020 wen ons seuns die Interhoër B-Bond spankompetisie, asook die Middelafstandtrofee.
  • Gedurende 2020 wen Conrad Mouton die spiesgooi Junior Seuns o/20 Gauteng-skole atletiekkampioenskappe.
  • Ook in 2020 wen Conrad Mouton die spiesgooi Junior Seuns o/20 tydens die ASA Gauteng-Noord atletiekkampioenskappe en Gareth Smith verower ‘n brons medalje in die 5000m Junior Seuns o/20.
  • Conrad Mouton (spiesgooi) en Armin Pretorius (1500m) verwerf AGN-kleure.
  • Gedurende 2019 vorm Jana van der Merwe deel van die nasionale oefengroep vir die Afrika Junior- en Jeug-atletiekkampioenskappe.
  • In 2018 verwerf Savannah Combrinck nasionale kleure vir haar deelname aan die Afrika-Suidstreek Jeug- atletiekkampioenskappe.
  • Die Woeries verower 3 goue medaljes tydens die SA skole atletiekkampioenskappe van 2018 (Gestelle Snyman, Savannah Combrick en Jana van der Merwe).
Organiseerder:
Hoerskool Centurion Hokkie
1
Organiseerder:

Dogtershokkie

Me. M. Massyn

m.massyn@hscenturion.co.za

Ons is baie trots op ons 12 spanne, 5 seunspanne en 7 dogterspanne, wat elke jaar deelneem aan ons seuns- en dogtershokkieligas. Hoёrskool Centurion het ‘n splinternuwe astro en mini astro, wat dit weekliks moontlik maak om alle spelers met daaglikse oefensessies te akkommodeer. Ons het uitstekende afrigters, waarvan provinsiale afrigters, wat bydra tot ons jaarlikse uitmuntende groei!

Ons skop jaarliks vroeg af met ‘n deeglike voorseisoen. Ons weeklikse doelwitte en fantastiese resultate is ‘n goeie voorbereiding vir ons kompetisie in die ligas. 

Die afgelope drie jaar is ons seuns A-spanne deel van die Pretoriaskole A-liga, en neem ons Woerie-hokkieseuns deel aan een van die mees kompeterende seunshokkieligas in die land. Ons speel jaarliks ook in die Pretoria-cup

hokkietoernooi. 

Die o. 15-dogtershokkiespan het in 2024 geskiedenis gemaak deur die Kleinskole Noordvaal-toernooi te wen – ‘n ongelooflike prestasie! Verder het ons dogtershokkiespan ook algeheel derde in hul liga vir 2024 geëindig. Ons is baie trots op hierdie talentvolle jong dames en sien uit na nog meer suksesse in die toekoms! 

Hoёrskool Centurion lewer jaarliks verskeie Noord-Gauteng hokkiespelers op, wat die provinsie verteenwoordig by nasionale hokkietoernooie.

Kondisioneringsprogram :

Ons is trots om aan te kondig dat ons ‘n kondisioneringsprogram vir ons spelers bekendgestel het, wat deur me. M. Pienaar aangebied sal word. Hierdie inisiatief sal ons sportspanne help om hul volle potensiaal te bereik.

2
Organiseerder:

Seunshokkie

Mnr. F. Schoeman

f.schoeman@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Krieket

Ons spog met uitstekende fasiliteite nl. drie binnehuise krieketnette en ook ses turfkrieketnette waarop seniors sowel as juniors oefen. Buiten dit, beskik ons ook oor agt sintetiese nette, ses kolfblaaie op die hoofveld en twee op die B-veld. Ons het ons eie klubhuis, met kleedkamers vir beide die tuisspan, sowel as besoekers en ‘n elektroniese telbord.

Ons onderneem gereeld buitelandse toere en twee spanne het in 2017 na Sri-Lanka getoer. Hoërskool Centurion lewer jaarliks uitstekende resultate op die krieketveld en ons is trots op die afrigters en spelers wat ‘n passie vir die sport toon.

Mnr. Stephan Ernst het in 2005 provinsiale kleure vir beide rugby en krieket verwerf. Hy is die mede-afrigter van die eerste span. Hy is ook die bestuurder van die provinsiale junior spanne.

Nie net het die eerste span in 2004 die eerste keer die Gunn & Moore Noordvaalkompetisie gewen nie, maar dit boonop opgevolg in 2006 en 2012. Die span het ook sedert 2003 in vier ander finale van die kompeterende kompetisie gespeel.

Die eerste span is die 2019 Nasionale Noord-Suid T20 kampioene, nadat hulle naaswenners in 2018 was.  Conrad Mouton verteenwoordig die 0/17A-span tydens die Nasionale week.

Lauren Agenbag, ‘n oud-skolier, maak haar merk as ‘n Internasionale skeidsregter en het onlangs by die T20 Wêreldbeker vir vroue in Australië opgetree. Sy is ook die eerste vrou in Suid-Afrika om by die eerste klas paneel van skeidsregters toegevoeg te word.

Centurion se eerste- en 0/15A-span was in 2020 ook die algehele wenners van die Finsbury Superliga, vir die eerste keer sedert 2014.

5
Organiseerder:

Mnr. J. van Wyk 
j.vanwyk@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Landloop

Ons spog met uitstekende afrigters wat self atlete is.  Mnr. Terblanche het vanaf 2012-2015 provinsiale kleure vir landloop verwerf asook nasionale kleure in 2012-2013. Mnr. Terblanche het nasionale kleure vir padhardloop in 2015 verwerf.  Me. E. Bekker het haar provinsiale, asook nasionale kleure verwerf.

Ons spog verder met 2 nasionale landloopatlete oor die afgelope 8 jaar en is vir die afgelope 13 jaar ononderbroke Noordvaal landloop finaliste. Landloopatlete oefen dwarsdeur die jaar met 1 week rus na elke seisoen. Atlete word geleidelik ontwikkel, sodat hul liggame volle potensiaal na 3 jaar bereik.

23 Provinsiale atlete is opgelewer in 2018.

Direkteurs landloopdogters is afloswenners in 2018.

Jana van der Merwe is vir Nasionale Landloopproewe 2019 gekies.

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion Onderwyser
Organiseerder:

Mnr. E. Terblanche

e.terblanche@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Netbal

Ons het vier weervaste bane met beligting waarop ons oefen. Ons is trots om te sê dat ons ook C-spanne by ons ouderdomsgroepe het.

Ons neem jaarliks aan die Klofiefees deel waar al ons spanne blootgestel word aan skole van regoor Suid-Afrika. Hoërskool Centurion lewer jaarliks uitstekende resultate op die netbalbaan en ons is trots op die afrigters en spelers wat ‘n passie vir die sport toon.

Die eerstespan en o/16 A’s is in 2018 en 2019 ligawenners.

Die eerstespan en o/16 A eindig derde by Tshwane-kampioenskappe in 2018 en 2019.

Ons eindig algeheel tweede in die liga, in 2018 en 2019.

Organiseerder:
Organiseerder van Hoërskool Centurion se netbal.

Me. N. Fourie
n.fourie@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Rugby

Hoërskool Centurion is ‘n trotse tradisionele rugbyskool. Ons is geseënd met ‘n afrigterskorps wat ongelooflik passievol is en altyd bereid is om die ekstra myl saam met hulle spelers te stap. Die afrigters is van die beste gehalte en is altyd gewillig  om meer van die spel te leer. Ons glo in ‘n eenheid waar almal ‘n rol in ons sukses speel.

Die doel by Centurion is om AL die seuns te ontwikkel tot die beste van hulle vermoë, nie net op die veld nie, maar van die veld af ook. Daar word hard gewerk en ondersteun deur ‘n baie goeie kondisionerings-infrastruktuur, om ons seuns optimaal te ontwikkel en beserings te voorkom.

Sedert 2020 spog ons met ‘n nuwe Hoëprestasie-program om laerskoolspelers te ondersteun en te ontwikkel. Hierdie progam word reg deur die jaar op Woensdae middae aangebied. Dit behels die ontwikkeling van alle vaardighede van rugby en sluit onder andere ratsheid, balhantering, fiksheid, kragwerk en gereelde evaluering in.

Die laaste volledige seisoen, voordat Covid-19 ‘n demper op ons sport geplaas het,  is 3 provinsiale en 6 Blou Bul Jeugklubspelers opgelewer.

Organiseerder:
Hoerskool Centurion Sagtebal

Die sagtebalseisoen is elke jaar vir ons dogters ‘n hoogtepunt. Dit is een van die lekkerste sportsoorte by die skool om aan deel te neem. Ons seisoen begin jaarliks met ‘n sagtebalkamp, of deelname aan die jaarlikse sagtebaldag. 

Tydens die kamp word daar ernstig voorberei vir die komende seisoen en daar word ook vele spanbou-aktiwiteite gedoen. Die kamp word deur groot getalle sagtebalspelers en -afrigters bygewoon. 

Ons skryf elke jaar ‘n A- en B-span in elke ouderdomsgroep (o. 14, o. 15, o. 16 en o. 19) in. Dus kan elke dogter kans kry om aan sagtebal deel te neem. Die ligawedstryde vir A- en B-spanne verskil in terme van die skole teen wie daar gespeel word. 

Ons het jaarlikse spanne wat die ligas wen en na afhandeling van die liga deurdring na die streeksuitspele asook die Gauteng-kampioenskappe. As jy in sagtebal belangstel, is Hoërskool Centurion die enigste plek vir jou! 

Seisoenopsomming 2024: 

Die eerste span is naaswenners in die liga en derde in die streekuitspele. 

Die o. 16A-span is derde in die streekuitspele. 

Sewe dogters is vir Gauteng-Noordspanne gekies. 

Een speler is vir die Gautengspan gekies. 

Twee provinsiale afrigters. 

Twee oud-Woeries is in die SA vrouesagtebalspan opgeneem. 

Joane van der Westhuizen is as die beste algehele vanger (catcher) in Gauteng aangewys. 

Yorey Senekal is vir die o. 17 SA oefengroep gekies en is die tweede beste kolwer in die land. 

Sagtebal by Hoërskool Centurion
Organiseerder:

Me. M. Pienaar

m.pienaar@hscenturion.co.za

ATLETIEK

HOKKIE

KRIEKET

LANDLOOP

NETBAL

RUGBY

SAGTEBAL

KLEIN SPORTSOORTErb
Hoerskool Centurion Bergfietsry

Ons skool spog met twee bergfietsspanne. Ons bergfietsryers neem jaarliks saam met al die Gauteng-Noord skole aan die Spur Skole-bergfietsliga deel. In 2018 behaal hulle ‘n 16de plek en in 2019 kom hulle elfde.  Die top tien skole dring deur na die SA kampioenskappe.

Organiseerder:

Me. L. Labuschagne

l.labuschagne@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Luggeweerskiet

Hoërskool Centurion het in 2003 met luggeweerskyfskiet as skoolsport begin. Skuts skiet met CZ 200 T’s of MPR’e (Multipurpose rifles). Ons begin in 2015 met lugpistoolskiet as ‘n goedkoper alternatief vir die luggeweer. Pistoolskuts skiet met intreevlak Zoraki pistole.

Kompetisies: Dit vind volgens die skietprogram, dwarsdeur die jaar plaas.

Ligakompetisies: Dit is skole wat skyfskiet as sport beoefen en dan teen mekaar deelneem by ‘n sentrale venue.

Posligakompetisies: Skole landswyd skiet kompetisie by die skool en kaarte word deur organiseerders nagesien.

SA’s: Top skuts wat aan die kriteria voldoen, word in provinsiale verband na die kompetisie genooi.

In 2019 het Hoërskool Centurion gespog met 7 provinsiale skuts, 5 geweerskuts en 2 pistoolskuts.

Tiaan Geldenhuys verwerf sy SA skole kleure en Kristian-Leigh Cockrell verwerf brons medaljes vir individueel, asook in sportverband by die SA kampioenskappe.
In 2018 het Hoërskool Centurion gespog met 12 provinsiale skuts, 9 geweerskuts en 3 pistoolskuts.

Organiseerder:
Hoerskool Centurion Robotika

Innovasie en waardes in aksie 

Die Vierde Industriële Rewolusie bring buitengewone tegnologiese vooruitgang wat die manier waarop ons leef, werk en kommunikeer fundamenteel verander. By Hoërskool Centurion is ons trots om deel te wees van hierdie revolusie deur Robotika nie net as ‘n akademiese vak aan te bied nie, maar ook as ‘n opwindende en lewensverrykende sport. 

Ons Robotika-program vir graad 8 tot 12 kombineer tegnologie, spanwerk en kreatiwiteit, en leerders kry die geleentheid om deel te neem aan wêreldklas kompetisies soos: 

First Lego League (FLL): Waar kreatiwiteit en probleemoplossing deur Lego-robotte bevorder word. 

World Robot Olympiad (WRO): ‘n Internasionale kompetisie wat leerders aanmoedig om tegnologiese oplossings te ontwerp. 

Virtual Gear: ‘n Virtuele platform waar strategie en tegnologie saamvloei in uitdagende scenario’s. 

Ons kernwaardes 

Ons glo dat Robotika as ‘n sport nie net oor tegnologie gaan nie, maar ook oor die ontwikkeling van lewenslange waardes. Ons program is op die volgende kernwaardes gebou: 

Innovasie: Ons moedig leerders aan om buite die boks te dink en kreatiewe oplossings te vind. 

Spanwerk: Saam werk ons beter. Robotika help leerders om effektief in spanne te kommunikeer en saam te werk. 

Respek: Deur die kompetisie en interaksie met ander, leer ons leerders die waarde van respek vir mekaar en hul werk. 

Volharding: Tegnologie het uitdagings en deur hierdie uitdagings te oorkom, ontwikkel ons leerders se uithouvermoë. 

Pret: Ons glo dat leer en groei altyd met ‘n bietjie pret gepaard moet gaan. Robotika bring glimlagte terwyl dit vaardighede ontwikkel. 

Ons visie vir die toekoms 

Ons droom is om Robotika as ‘n sport verder te ontwikkel deur moderne fasiliteite en tegnologiese omgewings te skep waarin ons leerders kan uitblink. Hierdie kompetisies gee hulle nie net blootstelling aan tegnologie nie, maar ook die kans om internasionale standaarde na te streef en Suid-Afrika trots te verteenwoordig. 

Kom ons werk saam 

Ons nooi ouers, onderwysers en die gemeenskap uit om deel van hierdie opwindende reis te wees. Deur ondersteuning en samewerking kan ons die gereedskap en hulpbronne bied wat ons leerders nodig het om te groei en te floreer in hierdie vinnig veranderende wêreld. 

Robotika as ‘n sport is méér as net tegnologie – dit is ‘n platform waar jongmense tegniese vaardighede, sterk waardes en selfvertroue ontwikkel. Sluit aan en help ons om die leiers van môre te kweek! 

Organiseerder:

Mnr. A. van Mazyk 
a.vmazyk@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Skaak

Die skool het beide seun- en dogterskaakspanne. Ons skryf jaarliks twee spanne vir die liga in en die wedstryde vind elke tweede kwartaal plaas. Daar is ook die geleentheid om aan die D4 individuele liga deel te neem en sodoende provinsiaal te kan presteer. Beide ons skaakspanne bestaan uit 6 spelers en een reserwe. Alhoewel skaak ‘n individuele sport is, sien ons dit ook as ‘n spansport. Daar is ook die geleentheid om deel te word van die Centurion skaakklub, wat ons leerders help om nog meer te leer en  deel te neem aan hierdie sport, nie net as leerder van Hoërskool Centurion nie, maar ook in hul persoonlike hoedanigheid.

Organiseerder: skaak
Organiseerder:

Mnr. G. Schultz

g.schultz@hscenturion.co.za

Hoerskool Centurion Tennis

Ons skool het drie tennisbane en ‘n tennisklubhuis aan die noordelike kant van die A – rugbyveld. Ons neem deel aan die Gauteng-Noord tennisliga. Die senior dogters se liga is gedurende die eerste kwartaal. Die twee senior seunspanne, twee junior seunspanne en junior dogterspan neem gedurende die tweede kwartaal aan die onderskeie ligas deel. Andri Tiran, van Smile Tennis, is die afrigter van Hoërskool Centurion se tennisspanne. Daar is oggendafrigting ook by die skool a.g.v. leerders se besige skedule met ander sportsoorte.

Jeanna Schmidt wat ‘n oud-Woerie is, is ‘n SA vrouespeler.

Spanne presteer jaarliks puik in hul onderskeie ligas.

Organiseerder:

Me. E. Hendriks
e.hendriks@hscenturion.co.za

gholf-banner-fin

Ons skool spog met drie gholfspanne vanjaar. Ons gholfspelers neem jaarliks aan die Voorsitterstrofee asook die skoleliga in die derde kwartaal deel. Ons neem ook ons spelers op ‘n jaarlikse toer waar hulle die top gholfbane in die land speel.

Organiseerder:

Mnr. L. Schult
l.schult@hscenturion.co.za

BERGFIETSRY

SKIET

MUURBAL
Hoerskool Centurion Muurbal

Ons skool skryf een muurbalspan vir die o/19- liga in.  Die span bestaan uit 4 leerders.  Daar is ook twee reserwes vir die span.  Die wedstryde word gewoonlik op Maandae in die eerste en tweede kwartaal gespeel.  Ons neem teen baie kompeterende spanne deel.  Meisies en seuns speel in gemengde spanne. Almal wat egter belangstel om verteenwoordigende muurbal te speel, word genooi om deel te raak van die gewilde en groeiende sportsoort. Alhoewel spelers individueel speel, is daar egter ook die spanopset, wat waardevolle sosiale ondervinding aan spelers bied.

Ons skool het al drie provinsiale spelers opgelewer:  Shané Luyt, Divan Kruger en Damian Groenewald wat tans ‘n graad 12- leerder by ons skool is.

Damian Groenewald is nommer 1 speler o/19 in Gauteng-Noord vir 2020, asook 2021. Damain Groenewald is tans onder die top o/19’s in SA, asook nommer 3 in die mansafdeling in Gauteng-Noord.

Muurbal Centurion
Organiseerder:

Me. S. van den Berg

s.vdberg@hscenturion.co.za

ROBOTIKA
Hoerskool Centurion Robotika

Innovasie en waardes in aksie 

Die Vierde Industriële Rewolusie bring buitengewone tegnologiese vooruitgang wat die manier waarop ons leef, werk en kommunikeer fundamenteel verander. By Hoërskool Centurion is ons trots om deel te wees van hierdie revolusie deur Robotika nie net as ‘n akademiese vak aan te bied nie, maar ook as ‘n opwindende en lewensverrykende sport. 

Ons Robotika-program vir graad 8 tot 12 kombineer tegnologie, spanwerk en kreatiwiteit, en leerders kry die geleentheid om deel te neem aan wêreldklas kompetisies soos: 

First Lego League (FLL): Waar kreatiwiteit en probleemoplossing deur Lego-robotte bevorder word. 

World Robot Olympiad (WRO): ‘n Internasionale kompetisie wat leerders aanmoedig om tegnologiese oplossings te ontwerp. 

Virtual Gear: ‘n Virtuele platform waar strategie en tegnologie saamvloei in uitdagende scenario’s. 

Ons kernwaardes 

Ons glo dat Robotika as ‘n sport nie net oor tegnologie gaan nie, maar ook oor die ontwikkeling van lewenslange waardes. Ons program is op die volgende kernwaardes gebou: 

Innovasie: Ons moedig leerders aan om buite die boks te dink en kreatiewe oplossings te vind. 

Spanwerk: Saam werk ons beter. Robotika help leerders om effektief in spanne te kommunikeer en saam te werk. 

Respek: Deur die kompetisie en interaksie met ander, leer ons leerders die waarde van respek vir mekaar en hul werk. 

Volharding: Tegnologie het uitdagings en deur hierdie uitdagings te oorkom, ontwikkel ons leerders se uithouvermoë. 

Pret: Ons glo dat leer en groei altyd met ‘n bietjie pret gepaard moet gaan. Robotika bring glimlagte terwyl dit vaardighede ontwikkel. 

Ons visie vir die toekoms 

Ons droom is om Robotika as ‘n sport verder te ontwikkel deur moderne fasiliteite en tegnologiese omgewings te skep waarin ons leerders kan uitblink. Hierdie kompetisies gee hulle nie net blootstelling aan tegnologie nie, maar ook die kans om internasionale standaarde na te streef en Suid-Afrika trots te verteenwoordig. 

Kom ons werk saam 

Ons nooi ouers, onderwysers en die gemeenskap uit om deel van hierdie opwindende reis te wees. Deur ondersteuning en samewerking kan ons die gereedskap en hulpbronne bied wat ons leerders nodig het om te groei en te floreer in hierdie vinnig veranderende wêreld. 

Robotika as ‘n sport is méér as net tegnologie – dit is ‘n platform waar jongmense tegniese vaardighede, sterk waardes en selfvertroue ontwikkel. Sluit aan en help ons om die leiers van môre te kweek! 

Organiseerder:

Mnr. A. van Mazyk 
a.vmazyk@hscenturion.co.za

SKAAK
Hoerskool Centurion Skaak

Die skool het beide seun- en dogterskaakspanne. Ons skryf jaarliks twee spanne vir die liga in en die wedstryde vind elke tweede kwartaal plaas. Daar is ook die geleentheid om aan die D4 individuele liga deel te neem en sodoende provinsiaal te kan presteer. Beide ons skaakspanne bestaan uit 6 spelers en een reserwe. Alhoewel skaak ‘n individuele sport is, sien ons dit ook as ‘n spansport. Daar is ook die geleentheid om deel te word van die Centurion skaakklub, wat ons leerders help om nog meer te leer en  deel te neem aan hierdie sport, nie net as leerder van Hoërskool Centurion nie, maar ook in hul persoonlike hoedanigheid.

Organiseerder: skaak
Organiseerder:

Mnr. G. Schultz

g.schultz@hscenturion.co.za

TENNIS
Hoerskool Centurion Tennis

Ons skool het drie tennisbane en ‘n tennisklubhuis aan die noordelike kant van die A – rugbyveld. Ons neem deel aan die Gauteng-Noord tennisliga. Die senior dogters se liga is gedurende die eerste kwartaal. Die twee senior seunspanne, twee junior seunspanne en junior dogterspan neem gedurende die tweede kwartaal aan die onderskeie ligas deel. Andri Tiran, van Smile Tennis, is die afrigter van Hoërskool Centurion se tennisspanne. Daar is oggendafrigting ook by die skool a.g.v. leerders se besige skedule met ander sportsoorte.

Jeanna Schmidt wat ‘n oud-Woerie is, is ‘n SA vrouespeler.

Spanne presteer jaarliks puik in hul onderskeie ligas.

Organiseerder:

Me. E. Hendriks
e.hendriks@hscenturion.co.za

GHOLF
gholf-banner-fin

Ons skool spog met drie gholfspanne vanjaar. Ons gholfspelers neem jaarliks aan die Voorsitterstrofee asook die skoleliga in die derde kwartaal deel. Ons neem ook ons spelers op ‘n jaarlikse toer waar hulle die top gholfbane in die land speel.

Organiseerder:

Mnr. L. Schult
l.schult@hscenturion.co.za

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.