Hoërskool Centurion

ATLETIEK

Ons skool spog met ‘n ryke tradisie van puik prestasie op nasionale sowel as internasionale vlak. In die laaste 6 jaar het ons skool 4 nasionale atlete opgelewer. Van ons afrigters is ook betrokke op provinsiale vlak as afrigters en keurders. Mnr. Dion Saayman word deur Gauteng-Noord Atletiek as die beste mansafrigter van die jaar 2019 algeheel aangewys. Waar daar ‘n behoefte is aan spesialisafrigters word van die beste provinsiale en nasionale itemspesialiste van Januarie tot Maart en  September tot Oktober gekry.
  • Ons seuns wen die B-bond 2020 spankompetisie asook die Middelafstand trofee.
  • Conrad Mouton wen die spiesgooi Junior Seuns o/20 Gauteng-Skole Atletiekkampioenskappe 2020.
  • Conrad Mouton wen die spiesgooi Junior Seuns o/20 tydens die ASA Gauteng-Noord Atletiekkampioenskappe en Gareth Smith Brons medalje 5000m Junior Seuns o/20.
  • Conrad Mouton(Spiesgooi) en Armin Pretorius(1500m) verwerf AGN-kleure.
  • Savannah Combrinck nasionale kleure Afrika Suidstreek Jeug Atletiekkampioenskappe 2018.
  • Jana van der Merwe nasionale oefengroep vir Afrika Junior en Jeug Atletiekkampioenskappe 2019
  • 3 Goue medaljewenners  tydens die SA-skole Atletiekkampioenskappe 2018

Organiseerder:
Mnr. D. M. Saayman
d.saayman@hscenturion.co.za