Hoërskool Centurion

HOKKIE

Ons is baie trots op ons 14 spanne wat elke jaar deelneem in ons seuns- en dogtershokkieligas. Hoёrskool Centurion het twee pragtige grasvelde, asook ‘n mini astro, wat dit weekliks moontlik maak om alle spelers met daaglikse oefensessies te akkommodeer. Ons het uitstekende afrigters, waarvan twee en meer provinsiale afrigters is, wat bydra tot ons jaarlikse uitmuntende groei! 
Ons skop jaarliks vroeg af met ‘n deeglike voorseisoen, waar ons weeklikse doelwitte fantastiese resultate en voorbereiding gee vir ons kompeterende ligas. 
Ons seunshokkie-organiseerder is Me. Chanѐl Schoeman. Sy lewer ‘n uitstekende bydrae tot ons hokkieprestasies.
 
  • Die afgelope drie jaar is ons seuns A-spanne deel van die Pretoriaskole A-liga, en neem ons Woerie-hokkieseuns deel in een van die mees kompeterende seunshokkieligas in ons land.
  • Ons dogtershokkie eerstespan het in 2018 die liga gewen!
  • Ons dogtershokkie het ook in 2019 deurgedring en deelgeneem aan die Noordvaal kampioenskappe. Tydens die Noordvaal kampioenskappe neem die top hokkieskole noord van die Vaal deel.
  • Hoёrskool Centurion lewer jaarliks verskeie Noord-Gauteng hokkiespelers op, wat die provinsie verteenwoordig by nasionale hokkietoernooie.
  • Hoёrskool Centurion bied elke Vrydag ons Laerskool Akademie op ons hokkievelde aan. 
Organiseerder:  
Me. M. Henrico 
m.henrico@hscenturion.co.za