Hoërskool Centurion

KRIEKET

Ons spog met uitstekende fasiliteite nl. drie binnehuise krieketnette en ook ses turfkrieketnette waarop seniors sowel as juniors oefen. Buiten dit beskik ons ook oor agt sintetiese nette, ses kolfblaaie op die hoofveld en twee op ons B-veld. Ons het ons eie klubhuis, met kleedkamers vir beide die tuisspan, sowel as besoekers en ‘n elektroniese telbord.

Ons onderneem gereeld buitelandse toere en twee spanne het in 2017 na Sri-Lanka getoer. Hoërskool Centurion lewer jaarliks uitstekende resultate op die krieketveld en ons is trots op die afrigters en spelers wat ‘n passie vir die sport toon. 

Mnr. Johan Cloete, wat die afgelope 26 jaar die organiseerder en eerste span se afrigter is, het ook naam as provinsiale afrigter (1995-2006) en internasionale skeidsregter gemaak. Hy het in oor die 100 internasionale wedstryde opgetree en is die afgelope 20 jaar voorsitter van hoërskole krieket. Hy is ‘n vlak III afrigter.

Mnr. Juan Nagel was kaptein van die eerste span in 2003 en was die eerste kaptein om Centurion tot in die finaal van die Noordvaal-kompetisie te lei. Hy is die mede-afrigter van die eerste span en is ‘n vlak II afrigter, met provinsiale ondervinding as afrigter en voorsitter.

Mnr. Stephan Ernst het in 2005 provinsiale kleure vir beide rugby en krieket verwerf. Hy is die bestuurder van die provinsiale junior spanne en is die junior afrigter by die skool.

  • Die eerste span is die 2019 Nasionale Noord-Suid T20 kampioene, nadat hulle naaswenners in 2018 was
  • Conrad Mouton verteenwoordig die 0/17A-span tydens die Nasionale week. 
  • Lauren Agenbag maak haar merk as ‘n Internasionale skeidsregter en het onlangs by die T20 Wêreldbeker vir vroue in Australië opgetree. Sy is ook die eerste vrou in Suid-Afrika om by die eerste klas paneel van skeidsregters toegevoeg te word.
  • Centurion se eerste- en 0/15A-span was vanjaar ook die algehele wenners van die Finsbury Superliga, vir die eerste keer sedert 2014.

Organiseerder:
Mnr. J.D. Cloete 
j.cloete@hscenturion.co.za