Hoërskool Centurion

MUURBAL

Ons skool skryf een muurbalspan in die o/19 liga in.  Die span bestaan uit 4 leerders.  Daar is ook twee reserwes vir die span.  Die wedstryde word gewoonlik op Maandae in die eerste en tweede kwartale gespeel.  Ons neem teen  baie kompeterende spanne deel.  Meisies en seuns speel in gemengde spanne. Almal wat egter belangstel om verteenwoordigende muurbal te speel, word genooi om deel te raak van die gewilde en groeiende sportsoort. Alhoewel spelers individueel speel, is daar egter ook die spanopset, wat waardevolle sosiale ondervinding aan spelers beskikbaar stel.

  • Ons skool het al drie provinsiale spelers opgelewer:  Shané Luyt, Divan Kruger en Damian Groenewald wat tans ‘n graad 11 leerder by ons skool is
  • Damian Groenewald is die nr 1. speler o/19 in Gauteng-Noord vir 2020
  • Damian Groenewald is tans onder die top 5 o/19’s in SA

Organiseerder:  
Me. S. van den Berg 
s.vdberg@hscenturion.co.za