Hoërskool Centurion
robotika

ROBOTIKA

Die Vierde Industriële-rewolusie verteenwoordig ‘n fundamentele verandering in die manier waarop ons leef, werk en met mekaar kommunikeer. Dit is ‘n nuwe hoofstuk in menslike ontwikkeling wat buitengewone vooruitgang in die tegnologie moontlik maak. Robotte is die toekoms in die werksomgewing en ook huishoudings.

Robotika is die studie van robotte en handel oor die ontwerp, konstruksie, werking en gebruik van robotte om spesifieke take te doen. Leerders word aangemoedig om probleme op te los terwyl hulle ervarings verbind word met voorbeelde uit die werklike wêreld. Hoërskool Centurion is besig om ʼn robotika kurrikulum vir graad 8 te implimenteer en die eerste klasse word op 3 Februarie 2020 aangebied. 

Hoërskool Centurion neem ook deel aan verskeie robotika kompetisies soos FLL (First Lego League) en WRO (World Robotic Olympiad). Een van ons robotika spanne: Amaranth, is in 2019 gekies om nasionaal deel te neem aan FLL.

ʼn Robotikaklub is ‘n byeenkoms vir leerders wat belangstel om van robotte te leer en daarmee te werk. By die robotika kompetisies moet spanne van leerders ‘n robot ontwerp en bou wat in ‘n reeks spesifieke uitdagings teen teenstanders kan meeding. Die FLL en WRO het elke jaar ʼn ander tema waarop die kompetisiereëls gebaseer is. Wanneer leerders besig is met praktiese ervarings, bou hulle selfvertroue, kweek hulle kennis en hulle ontwikkel leergewoontes. 

As jy belangstel in robotika is die Woerie-kampus die plek vir jou.

 (https://www.youtube.com/watch?v=mbiH2tOKqoc.) 

Organiseerder:
Mnr. A. van Mazyk 
a.vanmazyk@hscenturion.co.za