Hoërskool Centurion

RUGBY

Kom word deel van die Woerie-rugbykultuur by Hoërskool Centurion. Hier is ons visie om elke speler die geleentheid te gee om optimaal en in totaliteit te ontwikkel en die hoogste prestasie te behaal. Ons fokus ook op geleenthede om spoedige ontwikkeling op die veld te bewerkstellig. Ons spog met ‘n goeie bron van intellektuele afrigters wat ook op provinsiale vlak afrig. Ons spog ook met ‘n goeie kondisioneringsinfrastruktuur onder leiding van Christiaan Burger. Hy help ook met die rehabilitasieproses indien ‘n speler beseer is.

Sedert 2018 is die struktuur van die liga verander wat gebasseer word op ‘n krag teen krag basis. Die skool speel tans in Afdeling 2.

In 2019 is daar 3 provinsiale en 6 Blou Bul Jeugklubspelers opgelewer. 

Die skool spog ook met ‘n oudleerling, Ethan Wentzel, wat in 2018 gematrikuleer het en in 2019 gekies is vir die SA 0/19 span wat gaan toer het in Georgia. Hy is ook daarna opgeneem in die SA 0/20 oefengroep wat later vanjaar in Italie aan die 0/20 wêreldbeker gaan deelneem.

Organiseerder:  
Mnr. R. Brand 
riaan@hscenturion.co.za