Hoërskool Centurion

SAGTEBAL

Die sagtebalseisoen is elke jaar vir ons dogters ‘n hoogtepunt. Dit is een van die lekkerste sportsoorte om van deel te wees by die skool. Ons seisoen by die skool begin jaarliks met ‘n sagtebalkamp, of deelname aan die jaarlikse sagtebaldag.  

Tydens die kamp word daar ernstig voorberei vir die opkomende seisoen, maar daar word ook vele spanbou aktiwiteite gedoen, die kamp word deur groot getalle sagtebalspelers en afrigters ondersteun. 

Ons skryf elke jaar ‘n A- en B-span in elke ouderdomsgroep in, O/14, O/15, O/16 en O/19’s vir die liga, dus kan elke dogter kans kry om deel te neem aan sagtebal.  Die ligawedstryde vir A- en B-spanne verskil in terme van die skole teen wie daar gespeel word.

Ons het jaarlikse spanne wat die ligas wen en na afhandeling van die liga deurdring na die streeksuitspele asook die Gauteng Kampioenskappe. As jy belangstel in sagtebal is Hoërskool Centurion die enigste plek vir jou!

 

  • Ligawenners in 2019: O/16 A, O/15 B en O/19 B spanne
  • Gauteng-Noord, Tshwane wenners in 2019: O/14 A en O/19 A spanne
  • O/14 A en O/19 A-spanne is ook die SASI/USA Sport kampioenskapwenners
  • 14 spelers gekies as deel van Gauteng-Noord spanne
  • 5 spelers gekies as deel van Gauteng spelers
  • 4 Provinsiale afrigters
  • 1 nasionale afrigter, mnr. Paul Prinsloo
  • 3 oud-Woeries in SA-vroue sagtebalspan.
  • Tasmin Vorster is SA O/18 sagtebalspan

Organiseerder:
Me. A. van Rooyen
adri@hscenturion.co.za