Hoërskool Centurion

SKAAK

Die skool het seuns- en dogtersskaakspanne. Ons het twee spanne in die liga. Ons speel in die tweede kwartaal ons wedstryde. Elke span bestaan uit 6 spelers en een reserwe. Alhoewel skaak ‘n individuele sport is, sien ons dit ook as ‘n spansport. Daar is ook die geleentheid om aan die D4 individuele liga deel te neem en sodoende provinsiaal te kan presteer. Daar is ook die geleentheid om deel te word van die Centurion skaakklub. Skaak bied leerders die geleentheid om deel te neem en te presteer. 

Organiseerder:
Mnr. A. van Mazyk 
a.vmazyk@hscenturion.co.za