Hoërskool Centurion

LUGGEWEERSKIET & LUGPISTOOLSKIET

Hoërskool Centurion het in 2003 met luggeweerskyfskiet as skoolsport begin. Skuts skiet met CZ 200 T’s of MPR’e (Multipurpose rifles). Ons begin in 2015 met lugpistoolskiet as ‘n goedkoper alternatief vir die luggeweer. Pistoolskuts skiet met intreevlak Zoraki pistole.

Kompetities: Vind plaas  volgens skietprogram en vind dwarsdeur die jaar plaas.

Ligakompetisies:  Waar skole wat skyfskiet as sport beoefen teen mekaar deelneem by sentrale venue.

Posligakompetisies:  Skole landswyd skiet kompetisie by skool en kaarte word deur organiseerders nagesien.

SA’s:  Top skuts wat aan kriteria voldoen word in provinsiale verband na die kompetisie genooi.

  • In 2019 het Hoërskool Centurion gespog met 7 provinsiale skuts, 5 geweerskuts en 2 pistoolskuts
  • Tiaan Geldenhuys verwerf sy SA-skole kleure en Kristian-Leigh Cockrell verwerf brons medaljes vir individueel asook in sportverband by die SA-Kampioenskappe.
  • In 2018 het Hoërskool Centurion gespog met 12 provinsiale skuts, 9 geweerskuts en 3 pistoolskuts. 

Organiseerder:  
Mnr. H. Riekert 
hugo@hscenturion.co.za