Hoërskool Centurion

TENNIS

Ons skool het drie tennisbane en ‘n tennisklubhuis aan die noordelike kant van die A – rugbyveld. Ons neem deel aan die Gauteng-Noord tennisliga. Die senior dogters se liga is gedurende die eerste kwartaal. Die twee senior seunsspanne, twee junior seunsspanne en junior dogtersspan neem gedurende die tweede kwartaal aan die onderskeie ligas deel. Andri Tiran van Smile Tennis is die afrigter van Hoërskool Centurion se tennisspanne. Daar is oggendafrigting ook by die skool a.g.v. leerders se besige skedule met ander sportsoorte.

  • Jeanna Schmidt wat ‘n oud-Woerie is, is SA vrouespeler.
  • Spanne presteer puik in onderskeie ligas jaarliks.

Organiseerder:
Mnr. J. de Bruyn
j.debruyn@hscenturion.co.za