Kultuur

Thailand en Singapoer-toer

Op 23 Junie 2013 het 36 opgewonde Woeries na Bangkok (Thailand) vir twaalf wonderlike dae vertrek. Voorwaar ‘n toer wat altyd onthou sal word, veral die  olifantritte, witrivierroei, Mbk, tempels, treinritte en baie inkopies.  Ons het vir twee dae na Singapoer gevlieg en die Singapoer “flyer” en Universal Studio ervaar, wat die toer op ‘n hoogtepunt afgesluit het.